Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Landbouweekblad

Landbouweekblad

Nov 12 2026
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Stories wat in die landbou saak maak

Anderkant die reënboog • Oud word is nie vir sissies nie!

LBW Briewe

Jagters het die kleurgrens oorgesteek

Markagente vasgevat vir boere se trustgeld • Die landboubprodukte-agenteraad (Apac) se jaarverslag vir 2025-'26 wys op tekorte in varsprodukte-agente se trustrekeninging. Dit verwys ook na betalings wat laat aan produsente gemaak is en transaksies waarvan behoorlike stawende dokumente ontbreek. Dié oortredings het tot boetes teen agente gelei.

SA in Agoa goed vir VSA, maar politiek kan deurslag gee • Pres. Donald Trump van Amerika het die finale sê of Suid-Afrika deel van die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa) bly, of uitgeskop word. Sy besluit sal waarskynlik eerder op politiek as handelsredes berus.

Sakboekies ‘nie meer genoeg’ • Die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf kan nie eens optree wanneer siektes uitbreek nie. Navorsing wat dr. Danie Odendaal, vooraanstaande veearts, vir die rooivleisbedryfsdienste (RMIS) gedoen het, toon dat boere wel hul diere inent, maar te min het jaarlikse inentingsplanne of betroubare boekhouding.

Lesse uit Australië: Só kan bedryf R25/kg-premie ontsluit • Die sleutel tot langtermynstabiliteit en ongekende winsgewendheid in die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf lê in die hande van boere self. Dit het die Australiese boere reeds bewys met hul suksesvolle ontginning van Midde-Oosterse markte, waar Australiese skaapvleis 'n premie van R25/kg bo dieselfde Suid-Afrikaanse produk behaal.

Steenvrugboorde onder druk weens abnormale weer • Die afgelope jaar se abnormale weer het veroorsaak dat sommige steenvrugboorde onder beduidende stres verkeer en nie genoeg koue-eenhede gekry het nie. Net soos 'n gespanne persoon wat boonop nie genoeg rus nie, veroorsaak dit dat dié bome nou ook nie optimaal funksioneer nie, sê Dean Barnard van die Oppie Plaas-boerdery naby Waboomskraal by George.

Voerkrale knak onder rekord-speenkalfpryse • Die beesbedryf se winsgewendheid is tans skerp onder druk. Ná miljarde rande se verliese weens bek-en-klouseer, laer invoer uit Namibië, dalende slaggetalle en swak verbruikersvraag, het speenkalfpryse tot rekordvlakke gestyg. Vir speenkalfprodusente skep die huidige siklus geleenthede, maar vir voerkrale raak die som al hoe moeiliker om te laat klop.

Die koste van welvaart • Om welvaart te skep, kom nie verniet nie. Iets moet altyd opgeoffer word. Wat nog minder mense besef, is dat wanneer jy uiteindelik welvarend is, die koste nie ophou nie. Daar moet steeds baie ingesit word om daardie welvaart te beskerm.

Droë gebiede huisves enorme diversiteit én bedreigings

Tukkies-navorsers vereer vir tegnologie wat plantsiektes veel vroeër kan identifiseer • Navorsing waarmee die biofisikus prof. Tjaart Krüger en sy span van die Universiteit van Pretoria (UP) besig is, kan nog tot groot deurbraeke tot voordeel van die landbou lei.

Op dié plaas raak die planne nie op nie • 'n Boeregesin wat terug is op hul familieplaas in die droë noordweste bestuur prys-, droogte- en predasierisiko met aangepaste diere en weidingstelsels wat die veld versterk, asook met verskillende markgeleenthede en die voordele wat vennootskappe en moderne tegnologie bied.

Al die eiers nié in een mandjie nie • PN Basson bedryf die eierafdeling van hul familieboerdery met presisie, goeie tegnologie en omvattende data wat daagliks ontleed word, en daarmee saam 'n goeie skeut onblusbare optimisme.

Só skep jy 50% meer waarde uit vee en...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans