Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Huisgenoot

Huisgenoot

Oct 22 2026
Magazine

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

'DIT WAS BAIE SPESIAAL' • Ilsé de Wit het 'n traan weggevee oor haar dogter, Rosanne, se emosionele oomblik in Boer soek 'n vrou toe sy boer Arno aan haar geliefdes moes voorstel. En weg van die kameras het ma en dogter lank gesels

KORT VOOR LANK

TOE DIE WATERS KOM • Die Klein-Karoo is in rou gedompel nadat die bekende volstruisboer Saag Jonker in sy bakkie deur vloedwaters meegesleur is. Huisgenoot het op die plaas by sy mense gaan kuier

DIE UNO MET 'N FERRARI-ENJIN • Ná jare se wag het klein Hénu Pienaar uiteindlik 'n skenkerhart gekry, en nou is hy vol woema – en sommer baie daarvan

TROUE VIR 'N CHAMP • DRICUS DU PLESSIS EN SY BRUID SE GROOT DAG WORD DEUR SY VRIENDE AS ‘DIE TROUE VAN DIE JAAR’ BESKRYF

LIGTER LIGGAAM, LIGTER HART • CORLEA BOTHA HET DIE AFGELOPE TWEE JAAR VAN HAAR MA AFSKEID GENEEM ÉN 40 KG AFGESKUD – EN DEUR DIT ALLES WAS HAAR VERLOOFDE AAN HAAR SY

DRIE KEER SO MOOI • Die Baaise Bosch-drieling het dieselfde rok vir hulle matriekafskeid gekies – maar darem in verskillende kleure!

'N POOT OM VAS TE HOU • Maande lank het Louie ná 'n panga-aanval in Madagaskar gely voor 'n Suid-Afrikaanse vakansieganger hom gered het. Nou speel dié driebeen hond in Kaapstad en hou hy graag 'hande vas' met sy nuwe mense

TOE KRY EK DIT • Al hoop hy nog op 'n wonderwerk, het Simon Hewitt vrede gemaak daarmee dat hy dalk ná sy stryd teen borskanker gaan sterf. Nou wil hy ander mans daarteen waarsku

Maak gesond eet MAKLIK • Agt resepte met 'n belofte: hope geur sonder 'n klomp moeite. Van 'n GROEN ONTBYTMENGSEL tot BAKLAVA-PAKKIES in die lugbraaier – alles is vinnig, voedsaam en VERBASEND MAKLIK om te maak

GROEN ONTBYT-MENGSEL • LEWER 1 PORSIE

MURGAMPOENTJIE- & MAASKAASKOEKIES • WENK: Die murgpampoentjiekoeokies is heerlik as groenteburger, maar werk net so goed as voorgereg met gerookte forel of salm bo-op. Of maak 'n maaltyd daarvan met maaskoels bo-op voorgesit saam met 'n groot slaai.

KAKAO-&-PISTASIE-NEUTHAPPIES • LEWER 24 HAPPIES | VRIESTYD: 20 MIN.

AS HORMONE VERANDER • Daar is nie een oplossing vir al die uitdagings en veranderinge wat 'n vrou se liggaam deur haar lewe ervaar nie. Maar vir sommige vroue kan hormoonterapie 'n groot verskil maak

5 DINGE WAT JOU OOGSPESIALIS WIL HÊ JY MOET WEET • Sekere oogsiektes kan jou oë beskadig lank voor jy enigiets agterkom – maar ’n paar eenvoudige gewoontes kan help om jou sig te beskerm

Eet wild en lekker

My skaduwee loop los • Lees ’n uittreksel uit hierdie meesleurende verhaal oor die soeke na wat werklik die mees waardevolle lewe is

Onbesonge held van Everest

Die beste van dié eeu • Die New York Times het onlangs sy lysie van die 100 Beste Reekse van die 21ste Eeu uitgereik. Meer as 100 000 lesers het gestem om die top-100 te bepaal. Hier is die top-10-reekse van die eerste kwarteeu van die eeu.

Nuwe klanke

Kykgenoot

Daar onder lê viér pikkewyne

ELDERS IN DIE WÊRELD

Eens 'n weeskind, nou self ma • NATUURBEWARING

FOTO VAN DIE WEEK

DIE CLASEN-KINDERS • Die akteurspaar Neels en Eloise Clasen mag maar trots wees op hulle kroos. Rosebelle (13), Neels jr. (9) en Mila-Sofi (7) is...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans