Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Weg!

Weg!

Weg! Botswana 2026
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

UIT DIE BOSKANTOOR

Weg!

BY DIE GRENS

HOE OM DIE GIDS TE GEBRUIK

’n Plekkie in die voedselketting • Ons word van jongs af geleer die mens is die hoogste punt van evolusie, met gesag oor vis, voëls en alle ander diere. Maar ’n knorrige seekoei in die Zambesirivier het nog nie dié memo gekry het nie, vertel Pierre Steyn.

KAARTE: BOTSWANA

Die delta van jou drome • Die Okavangodelta is ’n droombestemming vir natuurfotograwe. Callum Evans het die geleentheid gekry om ’n maand lank in die hart van dié waterwildernis te vertoef – en hy droom nou nog oor visuile...

Die luiperd van ’n leeftyd • Die meeste van ons droom daarvan om eendag ’n perfekte foto van ’n luiperd in ’n boom te neem. Die natuurfotograaf Charl Stols doen dié soort ding vir ’n lewe, maar op ’n dag in 2018 het hy heelwat meer as net ’n luiperd in ’n boom aangetref...

Die koffieboer van Panda • ’n Koffiewinkeltjie by Pandamatenga? Ja, dis so raar soos wat dit klink. Maar toe die vindingryke boer Hill van Schalkwyk eers besluit hy gaan koffie plant, was die koeël deur die kerk.

Rówwe diamante! • Die Orapa-wildpark is op min mense se reisplan deur Botswana, maar Toast Coetzer reken dat as jy renosters wil sien, dié onbekende reservaat ’n voldag van jou tyd werd is.

BLY HIER • As jy in Botswana wil vakansie hou, gaan jy vér ry en ’n goeie plek om te oornag, is noodsaaklik ná ’n lang dag op die pad. Ons joernaliste beveel hierdie plekke in Botswana en langs sy grense aan. Tensy anders vermeld, is die tariewe in hierdie gids vir 2027 – gebruik dit as ’n riglyn en bel of e-pos altyd die blyplek vooraf om seker te maak hoeveel dit gaan kos.

SUID-BOTSWANA

SENTRAAL-BOTSWANA

NOORD-BOTSWANA

Muchenje Campsite & Cottages

Welkom by Klub Maltrap • Min mense sien kans vir ’n somervakansie in die Caprivi, wat nog te sê van om met ’n fiets te ry al die pad van Rundu na Katima Mulilo en dan verder oor Kasane tot op Vic Falls. Maar Cally Silberbauer en haar spul maltrap-vriende hou van ’n uitdaging...

NAMIBIË

Kazondwe Lodge and Camping

ZIMBABWE

’n Wilde draai deur Zim • Hierdie tiendagroete is ’n goeie inleiding tot die westekant van Zimbabwe en kan maklik aangelas word by jou toer na Botswana. Jy ry ’n kombinasie van teerpad (soms bitter sleg) en grondpad.

ZIMBABWE

ZAMBIË

Uit my Zambiëdagboek • Op haar eerste besoek aan Zambië verken die Weg-leser Tersia Theron die westelike deel van die land, al teen die Zambesirivier op tot in die afgeleë Liuwavlakte- nasionale park.

ZAMBIË

Hwange • In Zimbabwe se Hwange- nasionale park kan jy op een plek sit en wag vir die natuur om te gebeur, skryf Toast Coetzer.

BOTSWANA OP SY BESTE

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans