Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Weg! Platteland

Weg! Platteland

Summer 2026/2027
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Kyk wat word gedóén

Weg! Platteland

Dis nié net rosegeur

Die soet smaak van sukses…

Nuus & dagboek • Saam met al die opwinding en bedrywigheid van die Feestyd kom ook ’n nostalgie vir ’n eenvoudiger tyd. Wanneer laas het jy stoepsit as stokperdjie beoefen? Of ’n koevert met jou naam daarop in die pos gekry? Óf ’n flessie ingemaakte groenvytjies oopgemaak… Gee ’n tree terug in tyd met ’n propvol somerdagboek.

Elana’s kóók behoorlik!

Régte pos… teen ’n slakkepas

’n Tuin vol presente

Idees in ’n bottel

Dinge vir jou dagboek*

Tyd vir boekevat • Kan jy nou meer: In die digitale era het daar die afgelope jaar of wat ’n hele halfdosyn selfgepubliseerde boeke by Platteland uitgekom – en ja, ons praat hier van boeke wat op papier gedruk is en glad nie digitaal beskikbaar is nie!

TEKEN NOU IN en betaal R96 per tydskrif

Ons gaan dorp toe! • Vir hierdie somerkopies het ons die son gevolg na Bellville, Calvinia, Eilandia, Gqeberha, Graaff-Reinet, Hopefield, Kaapstad, Ladismith, Malmesbury, Middelburg, Moorreesburg, die Nuyvallei en die Sederberg, Sedgefield, Stanford, Stellenbosch en Willowmore.

Mooi huise by dosyne • Op álle plattelandse dorpe vind verval en vernuwing gelyktydig plaas – en die sjarmante Oos-Kaapse dorp Aberdeen is geen uitsondering nie. Gelukkig is daar in die wye Kamdeboo nog vele voorvatters wat omgee vir hulle dorp en eerder voortbou op die goeie – sonder om te maak of die slegte nie bestaan nie.

Ontmoet die mense

Dit kook (en sous) in die Kamdeboo! • Nie eens die grou hemele wat middel September nooit ophou drup het, kon die entoesiasme óf eetlus blus by Aberdeen se jolige tweede Vlam & Vesel-fees nie. Platteland was daar.

Na waters waar rus is • Min dinge is so verkwikkend vir die siel soos die natuur. MiaLouw wys ’n klompie van haar gunstelingwatervalle in Mpumalanga – van hulle is op die Panoramaroete en langs die Skurwebergpas, ander rondom Dullstroom en Lydenburg. In ons moderne lewens met soveel stimulasie is dit mos net die regte medisyne.

Eensaamheid, appeltert en marakkas! • Vir sy 55ste skoolreünie vat PietvanRooyen die pad na Weltevrede-gasteplaas langs die C19 tussen Sesriem en Solitaire. Natuurlik hou ’n mens dan stil op Solitaire, die eensame gehuggie wat bekendheid verwerf het deur die legendariese appeltert van wyle Moose McGregor.

Modjadjiskloof ’n Ware wegkruip-bergdorpie • Nog voor jy die bordjie“Welcome to Modjadjiskloof” sien, kry jy die reuk van bloekombome en teerpale. As jy die R36 deur die dorp volg, kan die handjie vol afgeleefde geboue op gehawende sypaadjies jou maklik laat dink jy moet liefs verby hou. Maar moenie dié bergdorpie en sy mense vlak kyk nie.

Ontmoet die mense

Boom bomer boomste • Wat begin het as ’n stokperdjie – gebore uit ’n wenk aan nagraadse studente – het met harde werk en toewyding gegroei tot ’n inheemseboomparadys en standhoudende bron van inkomste vir ’n afgetrede egpaar van Pretoria.

Van grasperk tot groenteplaas • Oor die laaste dekade het die selfgeleerde groentefluisteraar Natasha van Zyl van Durbanville de laaste stuk voorstedelike grasperk en selfs hulle swembad vervang met ’n oorvloedige kostuin en vrugteboord, hoenderhenne vir eiers en ’n gesonder seisoenale leefstyl wat hulle VanZylStead noem.

Begin jou eie...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans